Friday 14 December 2012

Wat gebeur regtig in sogenaamde wit plakkerskampe?

Met ’n ruie baard en deurmekaar boskasie het Neels Jackson hom as ’n werklose en hawelose voorgedoen. Hy het twee dae by die Dagbreek-sorgsentrum by Bapsfontein en vier dae by die Elim Pinksterkerk se Eksodus-sentrum by Bela-Bela (Warmbad) gaan bly om te sien wat gebeur regtig in sogenaamde wit plakkerskampe. Deaan Vivier het die foto's geneem.

Daar is nie ’n beter woord as “uitbuiting” om te beskryf hoe tienduisende arm mense in sogenaamde wit plakkerskampe behandel word nie.
Die enigste inkomste van talle inwoners is R1 200 ouderdoms- of ongeskiktheidspensioen van die staat. Daarvan moet hulle die helfte of meer afstaan om in dié sentrums te woon.
Inwoners meen skenkings word soms deur die bestuur toegeëien.
Die bestuur gebruik inwoners as onbetaalde arbeiders vir allerlei werk wat soms niks met die sentrum te doen het nie.
Beskuldigings dat godsdiens by Eksodus gebruik word om inwoners tot absolute gehoorsaamheid van die bestuur te manipuleer.
Klagtes dat die bestuur mense se bankkaarte vat en by hulle hou.
Rautenbach sê mense stem met beëdigde verklarings in dat sy dit kan doen.
Volgens Van Rensburg kom dié soort praktyke wyd voor in die sogenaamde sorgsentra.

Hy sê daar is 89 sulke plekke binne 200 km van Pretoria met tussen 13 000 en 15 000 mense wat daar bly.
Landwyd is daar 633 000 wit Afrikaanssprekende werkloses waarvan die meeste in sulke kampe woon.

Lees verder en kyk ook die video:

Video: Oorde buit oues uit
Deur Neels Jackson
BEELD 2012-12-12

No comments:

Post a Comment