Wednesday 1 August 2012

Die Ontwaking ons Volk

So sien ons dan die dinge gebeur in SA. Alles waarteen ons gewaarsku het en waarvoor ons uitgeskel is as doemprofete is aan die gebeur.

Die ineenstorting word in die buitelandse media gepubliseer, verkondig en bespreek, terwyl ons arme SA mensies geblinddoek word.

In die buitelandse media word daar gereeld na SA verwys as 'n 'failed state' en die volgende Afrikaland waar revolusie verwag word, terwyl ons eie media nie een enkele woord daaroor publiseer nie.

Ons eie blanke Afrikaner mense weier om te sien wat aan die gebeur is, hulle doen alles in hul vermoe om dit weg te praat en af te maak as bangmaakpraatjies, terwyl die sekel besig is om die koppe om ons te laat rol. Amptelik word daar daagliks sowat 50 mense in SA vermoor, volgens die Mediese Navorsingraad se syfers meer as dubbel daardie amptelike getal.

Minder as 10% van aanvalle haal ooit die SA media.


Ongelukkig vir die blindes van SA het SA die tweede meeste buitelandse ambassades in die wereld en daardie ambassades lig hul moederlande deeglik in. Terwyl blinde Suid-Afrikaners dink ons leef in 'n loodkissie en niemand kan sien wat hier aan die gebeur is nie, is dit ongelukkig gladnie die geval nie.

Daar is woelinge onder ons voete, baie groot woelinge en die bom gaan skielik bars. As jy die pot oorvol maak sal hy oorkook en hierdie pot is oorvol.

Selfs Mandela, die geliefde nuwe messias van die SA blanke het in die 1990's gese dat die Afrikaner is soos 'n sluimerende leeu wat nie wakker gemaak moet word nie.

Die Afrikaner was in die ganse geskiedenis van Suid-Afrika nog nooit 'n aggressor nie, nog altyd slegs die verdediger en dis weer besig om te gebeur.

Ek sit elke dag rustig terug en kyk hoe die dinge vorder en dis opvallend hoe dinge besig is om te draai.

Onthou altyd dat die liberalis 'n dromer is wat altyd droom van 'n perfekte wereld, maar ongelukkig is hierdie nie 'n perfekte wereld nie.

Vir die liberalis is alle mense dieselfde en as jy vir die ou mensies net skoolopleiding gee dan sal hulle mos ook na die wereld kyk, net soos ek en jy, maar ongelukkig sien niemand die wereld soos die dromer liberalis nie. Jy kan 'n boesman vat en hom skoolopleiding gee, jy kan hom deur universiteit sit en laat graadvang, maar hy sal sy perspektief van die wereld en van die lewe sal altyd anders wees as jou eperspektief van die wereld. Dit verstaan die eenvoudige kinderlike liberale dromers nie.

Die liberalis floreer in chaos, want daar kan hy mos omkoop soos hy wil en kry net wat hy wil. Hy steun BEE en transformasie, want met swart vennote sien hy baie geld. Vir die liberalis draai die wereld om geld en hy sal sy ma en dogter smous vir geld.

Ongelukkig in SA het ons 'n situasie waar daardie dieselfde koek geskep deur die Nasionale Party nou net in al hoe kleiner stukkies opgedeel word, terwyl daar nog geen nuwe koeke gebak is, of selfs beplan word nie.

Wanneer hierdie koek opgeeet is en daar niks meer oor is om te deel nie sal die linkse liberales die eerste wees om te vlug, want wanneer armoede en ekonomiese ineenstorting plaasvind eet hond vir hond.

Nooit in die geskiedenis van die wereld was daar een volk wat soveel onderdrukking en verdrukking beleef het vir so langtyd soos die Boer / Afrikanervolk nie. Ons was onderdruk en vertrap, byna uitgewis en daarna het ons opgestaan en selfs die land oorgeneem, maar selfs in daardie tyd was daar altyd op ons neergesien. Ons was mos die ambagsmanne, terwyl die ander die gegradueerdes was. Maar in die tyd wat ons bo was het ons 'n wereldmag gebou, 'n land wat vrees ingeboesem het in die nasies van die wereld, 'n land wat nie net gestaan het teen van die magtigste lande op aarde soos die Russe nie, maar wat hulle verpletter het. Hierdie magtige volk se rug moes gebreek word en toe kom 1994. Sedertdien word ons weereens vertrap en verdruk, misken en verwerp. Die Afrikanervolk is gekriminaliseer en uitgejou vir alles wat sleg is. Ons eie mense se ons sleg, beledig ons en verwens ons, maar hulle sal hul woorde sluk. Onthou altyd dat tussen die Boere was daar joiners en daardie joinerbloed vloei sterk deur ons are, maar die goeie skoon bloed van die patriotiese Boere vloei sterker deur ons slagare.

Daar is verkeie dinge aan die gebeur in SA. Terwyl daar soveel getjank word oor eenheid en saamstaan sien mense nie raak hoeveel eenheid en saamstaan daar alreeds plaasgevind het en steeds aan die ontwikkel is nie. Ek bespeur 'n eenheidsvorming soos nog nooit in my leeftyd nie.

Die NP regering het een groot fout gemaak, dit was sy grootste fout en as gevolg van daardie fout kon ons SA nooit ons eie maak nie, tenspyte van die feit dat ons 'n werelderkende onafhanklike Republiek geword het, maar daardie fout sal reggestel word en nooit weer begaan word nie.

Die pad is oop vorentoe, die karre is besig om in die pad val, elkeen met sy eie groepie, net soos met die Groottrek. Eenheid is nie 'n algehele samesmelting van 'n volk nie, eenheid vind plaas in klein groepies en daardie klein groepies vorm een groep wanneer die omstandighede dit regverdig. So was dit tydens die Groottrek en so sal dit nou ook weer wees. Ons is 'n rebelse volk, elkeen weet beter as die ander. Die Boere / Afrikanervolk is soos 'n hand waarvan die vingers alewig ondermekaar stry en baklei, maar vat aan een van daardie vingers en hulle vou toe om een vuis te vorm.

In Oktober 2011 het ek geskryf "Our Bucket Runneth over", want toe reeds was die tekens sigbaar. Dit vat baie om hierdie gemoedelike, nederige volk tot daardie punt te dryf. Om hierdie volk op daardie punt te kry moet jy nie op hom trap nie, jy moet op sy keel trap, sodat hy snak na sy asem, dit is dan wanneer sy oe oopgaan en hy wakkerskrik. Wanneer hy dan daar opstaan keer niks hom nie. Byna een miljoen van die 3.5 miljoen Afrikaners leef nou in plakkerskampe, vergelykbaar met die konsentrasiekampe, maar steeds loer die leeu net so af en toe of alles nog reg is, hy sluimer nog, want hulle trap nog net op sy stert.

Die ryk geliberaliseerde Afrikaner glimlag nog, leef nog lekker, weier om te kyk wat om hom aan die gebeur is, loer net so skrams met een oog na die res van sy mense, want hy skaam hom vir sy eie mense. Vir die ryk Afrikaner, vir die liberale gatkruiper was die arm Afrikaner nog altyd 'n verleentheid, 'n skande waarmee hy homself nie kan vereenselwig nie, maar sy Josefskleed sal ook nog van hom afgeruk word, sodat hy ook nederig gemaak sal word.

Hier kom groot dinge, die DRC gaan soos sondagskool lyk, maar die leeu se oe maak so af en toe oop en hy sal sy oe oopmaak, dan sal hy sy kop oplig en dan gaan hy skielik opspring en dan is daar groot moeilikheid, moeilikheid soos die wereld nog nooit beleef het nie en nooit weer sal wil sien nie.

Terwyl ons in springmielies bele moet die linkse liberales maar in sneesdoekies bele, want hulle gaan nog tjank dat hul dehidreer van die tranestorting.

Vrees? Nee mense moenie vrees nie, hier kom groot dinge die liberales en die arrogante Afrika bloedjies wat nie die wereld verstaan nie, dis hulle wat moet vrees.

1 comment: