Thursday 12 July 2012

Mafia Verhoor Kan Vonke Laat Spat

Deur Hannes Engelbrecht

Die Mafiabaas Vito Palazzolo se arrestasie op 30 Maart vanjaar op Bangkok se lughawe, kan vir vuurwerke sorg tydens sy verhoor. Palazzolo is nou uitgelewer aan Italië vir verhoor op 'n magdom klagtes van geldwassery, korrupsie, omkopery en ander Mafiabedrywighede.

Palazzolo is vir byna twee dekades beskerm deur die regerings van De Klerk en die ANC en sy uitlewering aan Italië is elke keer geweier.

Wat nou in die verhoor na vore gaan kom, kan 'n baie groot verleentheid vir FW de Klerk, veral Pik Botha en ook die ANC wees. Dit is die mense wat die Mafiabaas beskerm het (teen vergoeding?) om met sy geldwasserysake voort te gaan deur ondermeer 'n bank in die destydse Ciskei te begin.


Palazzolo het in Desember 1986 na Suid Afrika gevlug met 'n vals paspoort terwyl hy moes tronkstraf uitdien in 'n tronk in Switserland. Hy het die alias Robert Kolbatshenko aangeneem en beweer Burgersdorp is sy geboortedorp. NP-parlementslid Peet du Pontes van Port Elizabeth het Palazzolo gehelp om in Ciskei te vestig.

FW de Klerk se regering het in September 1993 permanente verblyf aan Palazzolo toegestaan. Hy het uiotgebreide sakebelange in dwelmhandel, diamante tot gebottelde water bedryf deur die Von Palace Kolbatchenko Trust wat deur sy seuns Christian en Pietro bedryf is as deel van Cape International Holdings. Meer as twintig firmas, waaronder La Vie Mineral Waters, Anglo-Cape Diamonds, Von Palace Cutting Works en 'n landgoed op Franschhoek, tel onder sy besittings.

Die Italiaanse polisie het toevallig weer op Palazzolo afgekom terwyl hulle 'n Mafia-moord teen Salvatore Morettino van Houghton in Suid Afrika ondersoek het. Palazzolo is toe geidentifiseer as die Suid Afrikaanse hoof van die Mafia met verskeie Mafialede soos Giovanni Bonomo en Guiseppe Gelardi wat hom na die land gevolg het.

'n Vadus-hof het bewyse voorgelê van sowat 90 transaksies van omkopery ter waarde van meer as R100 miljoen, maar die Kaapse Hooggeregshof het in 2003 geweier dat hy uitgelewer word aan Italië en ook 'n uitspraak gemaak dat ondersoeke na Palazzolo gestaak word (!) Op 5 Julie 2006 is Palazzolo in sy afwesigheid in Italië gevonnis tot nege jaar gevangenisstraf, maar weer het die ANC-regering geweier om hom uit te lewer. In Maart 2009 bekragtig die Hooggeregshof in Italië die vonnis. In Junie 2010 weier die Hooggeregshof in Suid Afrika weer Palazzolo se uitlewering "omdat Suid Afrika nie dieselfde wetgewing teen Mafiabedrywighede het as Italië nie".

Op 30 September 2010 vra Italië die internasionale Interpol vir bystand, wat uiteindelik vroeg vanjaar gelei het tot Palazzolo se arrestasie in Bangkok.

WATTER IMPLIKASIES HET DIE ARRESTASIE?

Dit is duidelik dat die Italiaanse owerhede opspraakwekkende getuienis gaan voorhou in die hofsaak. Dit gaan verseker insluit omkoopgelde aan regeringsamptenare en politici in beide die De Klerk- en die ANC-regerings.

Iets wat nogal oproer kan veroorsaak is as Palazzolo ondervra word oor sy verhouding met Pik Botha:

In 'n Italiaanse verslag oor Mafia-bedrywighede word die volgende genoem by Oktober 1998: "Viene reso noto che Vito Roberto Palazzolo, originario di Terrasini (Pa) e ricchissimo cittadino sudafricano, per il quale l'Italia e gli Stati Uniti hanno chiesto l'estradizione per traffico internazionale di droga e armi, godrebbe della protezione di «Pik» Botha, ex ministro degli esteri nei governi dell'apartheid dal '74 al '94, e avrebbe amicizie anche dentro l'African National Congress, il partito di Nelson Mandela. Palazzolo, diventato un grossissimo imprenditore e accusato di traffico di diamanti e avorio, di estorsione e sfruttamento della prostituzione, ricatterebbe Botha minacciandolo di diffondere fotografie che ritraggono l'ex ministro assieme ad una donna nera."
Losweg in Afrikaans vertaal: "... Vito Palazzolo... word beskerm deur Pik Botha, voormalige minister... en huidige ministers van die ANC.... weens onwettige diamanthandel, dwelmsmokkelary, afdreiging, prostitusie". EN DAN: "Palazzolo het 'n houvas op Pik Botha danksy fotos waarop Botha seks het met 'n swart vrou. Die fotos is tans in die besit van Nasionale Intelligensie in Suid Afrika".

Oorspronklike artikel HIER

No comments:

Post a Comment