Thursday 17 May 2012

Reports on Attacks and other SA News for 17 May 2012

 MIDRAND: BELLS HOUR: Swarte wat bejaarde man van 82 beroof in Visserstraat in Presidentpark doodgeskiet deur polisie.

MIDDELBURG: Boervrou droom man se moordenaar kom terug: vind met 'n skok
uit hy het die vorige dag ontsnap! Net 'n dag nadat 'n vrou vir haar
kinders gesê het sy het gedroom haar man se moordenaar kom terug plaas
toe, het hulle gehoor hy het ontsnap.
"Ons, en veral my ma, is angsbevange," het me. Deana Swart
Woensdagoggend gesê. Sy het vertel dat haar ma, Sue, verlede Sondag vir
hulle vertel het dat sy gedroom het haar man se moordenaar kom terug.
Toe hulle die Maandag by die hooggeregshof op Middelburg aankom vir die
verhoor, het hulle die skokkende nuus gekry dat die beskuldigde, Tonic
Madutlela, op Nelspruit ontsnap het.
Mnr. Graeme Adams is op 13 Februarie 2009 deur sy sitkamervenster op die
plaas (net buite Middelburg op die Loskopdampad) geskiet. Hy het nog na
hul slaapkamer gestrompel, waar hy inmekaar gesak en gesterf het.


LADYSMITH: POLISIE-BRUTALITEIT: GEEN verdere inligting: Couple claim
that police officers broke down their front door in the early hours of
the morning and threatened to shoot everyone in the house.

HIBBERDENE: EEN VAN ZUMA se vrygelate gevangenes betrokke by gewapende
roof dag na vrylating: POLICE have been involved in a shootout with
armed robbers in Hibberdene.
Four suspects were arrested in Umzumbe. It is believed that one of the
men was released from prison yesterday.

MONDEOR/JOHANNESBURG SUID: WAARSKUWING!!! Gewapende bende met AK47's in
omgewing gesien - wees uiters versigtig en rapporteer dadelik (Moenie
probeer agtervolg nie - gevaarlik).

KEMPTONPARK: WAARSKUWING!!! Bende van 20 gewapende rowers bedrywig in
die gebied. Hulle het reeds die Birch Gate Spar beroof en klante aangehou.

HEIDELBERG: TULPESTRAAT-gesin deur gewapendes aangehou, vasgebind en beroof.

HEIDELBERG/DRIERIVIERE: BELLS HOUR: Rower pleeg selfmoord tydens
polisie-optrede: Nadat die skote begin klap het, was die enigste uitweg
vir een van vier rowers om sy eie lewe te neem eerder as om gearresteer
te word toe hulle deur lede van Gauteng Blitspatrollie en die K9
Honde-eenheid vasgetrek is.
Die voorval wat omstreeks 10:15 op 7 Mei plaasgevind het, het gesorg vir
vele aksie nadat 'n skietery tussen die rowers en polisie 'n paar
kilometer buite Heidelberg ontstaan het. Vier rowers het die MTN winkel
in River Square (Drie Riviere) beroof en met ongeveer R250 000 se
goedere gevlug.

BOKSBURG: BELLS HOUR: Sekuriteitsbeampte skiet een van vier rowers by
Trinity Church.

KEMPTONPARK: SEKURITEITSMAN deur rowers geskiet: 'n REAKSIE-OFFISIER van
Y2K Sekuriteit is Dinsdagmiddag in die linker bobeen gewond toe hy drie
inbrekers op heterdaad betrap het.
Shane van Niekerk het na die woning op die hoek van Blouberg- en
Lootsbergstrate in Van Riebeeckpark gegaan nadat die huisalarm afgegaan het.
Omdat die maatskappy net in Van Riebeeckpark werk, was Van Niekerk
vinnig op die toneel. Hy het die drie mans agter die huis betrap voordat
hulle iets kon steel.
Hulle het 'n skoot afgevuur, wat Van Niekerk in die been getref het. 'n
Buurvrou op die toneel het gesê Van Niekerk het nie dadelik besef dat hy
gewond is nie. Hy sterk tans aan in Arwyp.

BRAKPAN: Bejaarde vrou se gesig oopgekloof in aanval op kleinhoewe: 'n
68-Jarige vrou van Withok is Sondagoggend met 'n skerp voorwerp regoor
haar gesig gekap, toe 'n inbreker toegang tot haar huis probeer kry het.
Een van haar hande is ook erg beseer in die aanval, wat om 9.45vm
plaasgevind het.
Die vrou en haar lewensmaat (69), wat die afgelope 30 jaar op die
kleinhoewe woon, het versoek dat hul name nie gepubliseer moet word nie.

JACKAROO KLEINHOEWES, WITBANK: Vyf honde vergiftig: On May 15 the family
was sleeping until about 02:00 when they heard faint noises outside but
dismissed it thinking if there was any real danger the dogs would have
barked.
The next morning to their horror three dogs were found dead because of
poison, and two more were immediately taken to the vet while struggling
to stay alive.

AMANZIMTOTI: Strephen Coetzee (22) doodgeskiet deur vyf rowers. "MY son
took the bullet that was meant for me," were the chilling words that
reduced Stephen Coetzee (Snr) to tears.
The SUN spoke to Mr Coetzee in the aftermath of the murder of his son,
22-year-old Stephen (Jnr) who was gunned down by a gang of five car
thieves at the family's Umdoni Grove home on Friday evening, May 11.

HEILBRON (OOK KOPPIES/PARYS) - Brandstigting: Ek het die vermoede dat u
organisasie tans die enigste organisasie is wat vinnige skakeling met
die inwoners van Heilbron kan bewerkstellig. Daar bestaan 'n vermoede,
en dit is met kapt. J. Naude van die plaaslike S.A.P.D. bevestig, dat
daar tans 'n nuwe vlaag misdadigheid in die dorp uitgebreek het naamlik
brandstigting. Onverklaarbare brande het by besighede en privaat
voertuie ontstaan wat tans deur die polisie ondersoek word. Ons,
Heilbron Plaaswag, doen 'n beroep op die inwoners van Heilbron om
absoluut waaksaam en paraat te wees. Heilbron beskik slegs oor een
vuurvegter wat deur mnr. Rossouw hanteer word. Van plaaswag se kant sal
ons poog om van die boere te versoek om hulle vuurvegters op 'n
gereedheidsgrondslag te hou.Heilbron Plaaswag wil dan ook die inwoners
van Heilbron versoek om 'n veiligheidstruktuur op die been te kry wat
kan inskakel by die beheerkamer wat in tye soos hierdie noodsaaklike
kommunikasie kan bevorder.Vanoggend se boodskap:Daar was verlede nag 7
insidente van brandstigting waar besighede, voertuie asook
privaatwonings die teiken was. Sebokeng fuels was onder andere ook
geteiken maar daar is gelukkig nie veel skade aangerig nie.Doen weereens
'n beroep op die inwoners van Heilbron om paraat te wees.Hier volg 'n
paar wenke wat in 'n huis gevolg kan word om paraatheid op te
skerp;Sebokeng feuls is 'n diesel depo, dink net watse chaos dit sou
veroorsaak. Isuzu bakkie uitgebrand. Nou sit mens en wonder of dit nie
net die begin van iets baie groter nie.

Oom frans du toit 13h15 op di r23 beroof terwyl hy vi n bus gewag het
danksy sap greylingstad se vinnige optrede is di 2 rowers gearresteer en
selfoon en geld terug gevind oom frans 77 jaar is net lig beseer

n Bende bloulig-rowers het die afgelope twee weke agt keer in Gauteng
toegeslaan en motoriste gekaap.
Genl.-maj. Phumzo Gela, waarnemende Gautengse polisiekommissaris, het
gister op 'n mediakonferensie gesê die modus operandi is dieselfde.
"Daar is tussen drie en vyf mans, gewoonlik in 'n wit (VW) Golf, met 'n
blou lig op die dak. Hulle is in uniform en is gewapen."
In die onlangse voorvalle is drie motoriste in Midrand, een in
Garsfontein in Pretoria, een in Sandton, een in Honeydew en een in
Olivienhoutbosch gekaap.
Gela het gesê die moontlikheid dat sommige van die mans wel in die
polisie is, kan nie uitgesluit word nie.

GERUGTE in regeringskringe dat Tina Joemat-Pettersson, minister van
landbou, bosbou en visserye, se pos in die gedrang is ná die dood van
Roy Padayachie, minister van staatsdiens en administrasie, is gister
deur dr. Pieter Mulder, adjunkminister van landbou, bosbou en visserye
bevestig.
Mulder het gister op Graan SA se Nampo-oesdag aan Volksblad gesê daar
word wyd bespiegel oor Joemat-Pettersson se pos, maar wou hom nie verder
daaroor uitlaat nie.

Pastoor Wilma Nelson
Haai ons bly in Mooinooi en ons kerk is gisteraand vir die hoeveelste
keer die jaar beroof. Ons het nou eers daarvan gehoor. Die Pastoor sy
vrou en n paar gemeentelede wat die kerk sluit na die diens is aangehou.
Hulle is beroof van hulle juwele gekd bakkie en dan is al die
instremente en elktroniese goed gesteel. Dis die Ppk kerk Mooinooi.

Two robbers who wounded a Hibberdene couple were arrested on Wednesday
afternoon, KwaZulu-Natal police said.
Colonel Jay Naicker said Martin and Arlene Smith caught the two breaking
into their home on Wednesday afternoon. One of the robbers opened fire
on the couple.

Municipalities owe South Africa's water boards R1.1bn, Water Affairs
Minister Edna Molewa said on Wednesday.
Briefing the media at Parliament ahead of debate in the National
Assembly on her department's budget vote, she said while this did not
look good, it was "just about" 10% of the boards' annual revenue.

No comments:

Post a Comment