Monday 31 October 2011

"War of the Flea" - Farm Murders South Africa


 YouTube Link to the above movie http://www.youtube.com/watch?v=GUXIkzpWD2E

The above movie clip is the opening sequence of the Documentary "War of the Flea", a documentary on farm murders and the impact on society.

‘Harde feite’: Beeld: Suid-Afrika: Nuus

’n Dokumentêre rolprent oor plaasmoorde in Suid-Afrika wat begin met die gru-moord op Wilmientjie Potgieter (2) van Lindley en haar gesin kan eersdaags wêreldwyd gesien word.

War of the Flea vertel aan die hand van syfers hoe baie boere wreed vermoor word en ondersoek die redes vir dié grusame aanvalle.

Omstrede kwessies soos grondhervorming, mnr. Julius Malema, ANC-jeugleier, se haatspraakverhoor, die regering wat glo te min doen om plaasmoorde te bekamp en die gevolge van die apartheidstyd kom in die soeklig.

Klem word gelê op Suid-Afrika se gewelddadige agtergrond en samelewing in onderhoude met onder meer mnr. Prince Mashele, hoof van die Sentrum vir Politiek en Navorsing in Pretoria, en dr. Johan Burger, senior navorser van die Instituut vir Sekerheidstudie (ISS).

Mashele sê die kans is groter dat ’n jong man met geen of min onderwys en skoling wat uit ’n gebroke gesin kom, in ’n ghetto of plakkerskamp grootgeword het en geen hoop het nie uiteindelik ’n moordenaar of misdadiger sal word.

Hy sê in townships kan gewelddadige mense ontwikkel.

Volgens Burger is Suid-Afrika se moordsyfer vyf of ses keer die internasionale gemiddelde: 34,6 moorde per 100 000 mense word per dag in die land gepleeg.

Die rolprentvervaardiger Rian van der Walt, wat al onder meer aan dokumentêre natuurprogramme vir die televisiekanale Discovery Channel en Animal Planet gewerk het, sê die rolprent het nie ’n positiewe boodskap nie, maar vertel harde en soms ontstellende feite.

“Ek doen weg met illusies.”

Die rolprent probeer mense inlig sodat hulle besluite kan neem om hulle te beskerm, sê Van der Walt.

Een van die plaasaanvalle in Suid-Afrika wat in die rolprent ondersoek word, is die moorde op mnr. Attie en mev. Wilna Potgieter en hul dogter, Wilmientjie, op die plaas Tweefontein naby Lindley.

Van der Walt het besluit om die rolprent met die Potgieter-moorde te begin omdat dit “die ergste is (van al die plaasmoorde)”.

Hy het in Louis Trichardt in Limpopo grootgeword.

“Ek het nie op ’n plaas gewoon nie, maar wel in ’n boeregemeenskap en was altyd bewus van boere wat vermoor word.

Ek het vir myself gesê as ek eendag groot is, gaan ek ’n dokumentêr oor plaasmoorde maak.”

Hy onderhandel tans met die SAUK om die rolprent op TV uit te saai.

Van der Walt skryf die reeks ook in vir plaaslike en oorsese rolprentfeeste en wil dit ook in teaters laat draai.

No comments:

Post a Comment